Easycoms Wireless Internet

Easycoms News


Oktober 2019 Nuusbrief

EasyTech-Marketing het al die bemarkingsregte vir EasyComs Communications bekom.  Ons wil graag nuwe vinniger en kliente-vriendelike diens verskaf, asook die beste nasorg diens bied.

Tans is hul besig met n fiber lyn na die EasyComs kantoor op Stilbaai en beloof dit om die diens in die gebied 100% te verbeter met vinniger goedkoper en probleemvrye Internet. Ons het reeds n fiber lyn in Swellendam en is besig om nog n toring op te rig wat die verspreiding van bandwydte vinnig  en doeltreffend sal maak veral in Witsand, Heidelberg, Swelendam, Malgas en omgewing.

Tegnologie verander byna daagliks, en wil ons u op hoogte hou van  afslagte en nuwe opwindende pakette soos ons dit ontvang.

Myra Prinsloo gaan persoonlik betrokke wees by die kliente diens vanaf 1 Oktober 2019, wanneer EasyTech die bemarking en diens van EasyComs oorneem. EasyComs sal dan die groothandel verskaffer wees van ons Fiber en bandwydte.

Om af te skop bied ons vanaf  1 November wanner die beloofde Fiber lyn in werking behoort te wees 'n 10Meg Uncapped paket aan vir slegs R699 per maand. Die prys sal ons vasmaak vir 12 maande.

Ons uncapped pakette word nie “gethrottle”  nie en beloof ons om ons “best effort” te alle tye te handhaaf. Verstaan dat die nationale netwerk by wie ons die fiber en bandwydte kry, kan ook probleme ondergaan van tyd tot tyd. Ons monitor 24uur per dag die netwerk om u aanlyn te hou.

Enige EasyComs klient wat n ander paket het kan dit verander na hierdie uitstekende aanbod sonder om enige addisionele koste vir toerusting te betaal. Hul hoef slegs die nuwe aansoek in te vul en terug te stuur. Ons sal hul dan oorskakel vir die opvolgende maand. Bestaande debietorders sal gekanselleer word en betalings sal per EFT gedoen word soos bepaal in die maandelikse faktuur.

Vir die pensionaris het ons n gerieflike epos en Facebook paket opgestel wat slegs R299 sal kos vir n 2meg Uncapped paket. Dit sal ook dien om met hul kinders te kan Skype. Geen meer Top-Ups nie. Daar is geen landlyn nodig nie, so geen lynfooie nie. Daar is ook n verskeidenheid ander pakette waarna gekyk kan word.

Vir die groter korporatiewe kliente bou ons n spesifieke  paket en moet dit onderhandel word op n ad-hok basis.